Tag: Titans

Bulls 1 v Titans 4

Wat ‘n interessante wedstryd,

Die Titans coach en selfs die Blue vra dat ons saggies werk met die span omdat hulle beginners is en die pitcher is klein,

Ons begin veldwerk en “Ouma” gooi stadiger soos hulle so mooi gevra het….. en daar slaan die 1ste batter ‘n home run.. eish

Ek laat weet vir “Ouma” om voluit te gooi en sy haal die ander 3 spelers hou uit, tyd om te bat!

Die girls lag en gesels toe hulle sien hoe klein die pitcher is en hoe “stadig” die balle kom, woerts warts en toe is die 1ste 3 uit!

Game on, die girls moet alles uit haal om die wedstryd te wen, Ouma & Tineca pitch baie goed en uiteindelik wen die girls 12 – 9.

Wees verseker die Bulls 2 sal hieruit leer en reg wees vir hulle!

Go Bulls!