Welkom O11 Bulls

Ons werk solank aan die volgende generasie BULLS

Die Bulls het ‘n span ingeskryf in die Klub o11 liga

Vandag het die BULLS 14-4 gewen teen Leopards Groen

Stiaan het die pitching geopen en toe ook sommer ‘n groot homerun gehad!

Die volgende 2 frames het Elrie, o10 Dogter Pitcher oorgevat en net soos die vorige saterdae die manne laat les opse, en weer ‘n hele paar uitgestrike! well done girl

Yaron het die laaste 2 frames gepitch en gewys die bulls is geseend met goeie pitchers!

Die meisies was lus vir batting en Alison het die bal behoorlik gevoeter en ook gewys dat sy nog ‘n goeie 3de sak gaan wees.

Ons 1 & 2 sak het goed saam gewerk met 1e sak wat goed gefield het en sommer self die uitgemaak het.

Arnold het 2 monster hits gehad, een vd bulls en 1 vd Leopards, ons het hulle uitgehelp met een speler omdat hulle 1 kort was.

Ons Short Stop Jayden begin al hoe minder krieket speel en kyj al hoe meer na ‘n sagtebal speler. Hy begin goed cover by 3 en 2 !

Rayno is ons youngster in die span, net 8 jaar oud, nog baie tyd om te leer, geniet die ervaring

Rebecca, Carla en een girl wat hou van aandvlieks het ook gewys dat hulle vir geen seun hoef terug te staan nie

Geniet die week

Coach Riaan

 

 

 

 

 

 

Bulls 1 v Titans 4

Wat ‘n interessante wedstryd,

Die Titans coach en selfs die Blue vra dat ons saggies werk met die span omdat hulle beginners is en die pitcher is klein,

Ons begin veldwerk en “Ouma” gooi stadiger soos hulle so mooi gevra het….. en daar slaan die 1ste batter ‘n home run.. eish

Ek laat weet vir “Ouma” om voluit te gooi en sy haal die ander 3 spelers hou uit, tyd om te bat!

Die girls lag en gesels toe hulle sien hoe klein die pitcher is en hoe “stadig” die balle kom, woerts warts en toe is die 1ste 3 uit!

Game on, die girls moet alles uit haal om die wedstryd te wen, Ouma & Tineca pitch baie goed en uiteindelik wen die girls 12 – 9.

Wees verseker die Bulls 2 sal hieruit leer en reg wees vir hulle!

Go Bulls!

Bulls 2 v Hurricanes 4

Well done aan die girls, Bulls 2 wen 11-6.

Die Hurricanes “ouer tannies” het nie baie gehou van die feit dat ons O13/14 spelers hulle so bietjie gedruk het nie, Aby het hulle besig gehou op 3de sak en die catcher het nie baie daarvan gehou nie, sy storm op haar af en probeer haar vd sak af druk om te “tag”, toe Aby vir haar uitwys dat sy dit nie kan doen nie, antwoord sy, ek is ouer as jy en kan doen wat ek wil….hehehe

Minion het baie goed gepitch en ook die laaste 2, ja reg gelees 2 uitgehaal met ;n baie mooi double play, eers vang sy die batter en toe raai raai wie haal sy uit vir die finale uit van die wedstryd, ja reg geraai die einste catcher….

Anna het baie goed gedoen en Minion mooi uitgehelp om die laaste 3 spelers uit te haal,

Julle is ‘n “force to be recon with !

Well done !

 

Bulls v Home Spun

Die Bulls mans span het teen Major League span Home Spun gespeel die naweek, ons starting pitcher Bryan kon nie die wedstryd speel nie en Hanno  het hom goed van sy taak gekwyt teen die manne,

Al verloor ons 3-12 wys dit dat ons goed op pad is na die Major League en dat ons gereed is!

Well Done aan almal, veral Hanno as 14 jarige pitcher teen die 019 span van Home Spun (en ouer manne in die span)